Vir klein besighede en eenmansake is daar voordele daaraan om sekere take uit te kontrakteer. Jy het dalk net ‘n grafiese ontwerper nodig om ‘n logo te ontwerp, of ‘n rekenmeester om jou belasting een maal ‘n jaar te doen. So hoe kry jy ‘n kundige persoon?

Deesdae is 40% van die werkerskorps vryskutters of voorwaardelike werkers. Dit beteken mense wat nie permanent by ‘n besigheid aangestel is nie, wat eintlik vir hulself werk en dan hul kennis en vernuf inspan vir andere se besighede. En daar is voordele vir beide die werkgewer en die vryskutter. Wat is die voordele vir die werkgewer?

10 Voordele van vryskutters vs voltydse werknemers 

  1. Bekostigbaarheid – geen bokoste/administrasiekoste soos medies nie.
  2. Buigsaamheid – eie werksure stel, selfs buite jou eie besigheidsure.
  3. Vryheid – eksterne hulpbronpersoon op ‘n behoeftebasis werk, eenmalige transaksies
  4. Onmiddellik en vinnige aflewering – uitstekende werk, vinnig, besparing van tyd vir jou.
  5. Onafhanklikheid – geen opleiding nie, stel net iemand aan wat vaardigheid het.
  6. Meer innoverend – hou tred met nuwe tegnologie, nuwe idees en voorstelle.
  7. Ervaring – Elke kliënt of werk voeg meer ondervinding by in ‘n wye reeks besighede.
  8. U kan Spesifieke Spesialiste Huur-die mees geskikte professionele vryskutter vir daardie eenmalige werk aanstel.
  9. Toekomstige Beskikbaarheid – toekomstige verbeterings en opgradering in ontwerp van hierdie projek.
  10. Globale en landwye mark- vryskutters in kleiner dorpe kan wees terwyl jy in ‘n groot stad jou bevind.