Het jy ‘n talent, ’n vaardigheid of kennis wat jy kan aanwend vir iemand anders se besigheid? Dalk is jy uitstekend daarmee om taalversorging te doen. Dalk is jy ‘n uitnemende belastingkundige. Dalk is jy fantasies met transkribering. Dit is ’n geleentheid vir jou om ‘n tweede inkomstestroom te genereer, of ’n hele nuwe loopbaan te begin. Jy kan vandag begin met jou vryskutloopbaan.

Doen ’n bietjie navorsing

  1. Wie is jou teikenmark?
  2. Hoeveel kan jy vra vir jou dienste?
  3. Watter kompetisie is daar in die mark vir jou dienste?
  4. Waar kan jy dienste verkoop word?
  5. Hoeveel tyd wil jy aan die werk spandeer?

Met vryskutwerk is jou naam of handelsmerk alles. Wanneer jy goeie diens lewer sal jou kliënte jou ambassadeurs word en jou bemark. Onthou om hulle te vra vir hul terugvoer. Bou ‘n netwerk met ander vryskutters. Sodoende kan hulle komplementerende dienste uitkontrakteur of indien hulle te besig raak kliënte na jou verwys wat gevra het vir hul dienste. Dink hier aan ‘n fotograaf wat ‘n videograaf insluit in ‘n pakket vir ‘n troue, of ‘n ander fotograaf aanbeveel vir ‘n datum waar hul besig is.

Gebruik sosiale media om jou besigheid te bemark. Hier is ook ‘n goeie plek om ‘n netwerk van kliënte en ander vryskutters te bou. Dit is ook ‘n baie goeie plek om op datum te bly met tendense en ander vryskutters se werk.

Bou vir jou ook ‘n portefeulje van jou werk sodat jy iets het om te gebruik om jouself mee te bemark. Gee iets weg van jou dienste aan vriende en familie in ruil vir bemarking.

Daar is verskeie aanlyn platform waarop jy jou dienste kan bemark. Talentwerf bied vir jou, in Afrikaans, ‘n veilige en betroubare nuwe inkomstestroom wat namens jou bemark word. Hier kompeteer jy as vryskutter met ‘n kleiner groep en dus is jou kanse omwerk te kry baie beter as die gemiddeld op internasionale webblaaie.

Vir besighede is dit ook ’n uitstekende plek om plaaslike talent te kontrakteer en geleenthede te gee vir mense wat kenners op hul gebied is, maar dalk nooit onder jou aandag sou kom nie. Met tyd sal die resensie sisteem die top vryskutters ook begin bevoordeel.