Aandag: Alle vryskutters!

Het jy ‘n vryskutbesigheid? Wil jy jou besigheid bemark en ‘n goeie inkomste daaruit verdien? www.talentwerf.co.za wil jou daarmee help!

Van 1 Julie 2018 kan jy inskryf vir ons “Bemark jouself!” kompetisie. Hoe doen jy dit?

  1. Maak ‘n video van minder as 1 minuut waarin jy jou besigheid beskryf en terug verwys na Talentwerf. Wees kreatief, kry ‘n maat om jou te help en maak dit oulik!
  2. Pos jou video op jou sosiale netwerke en vra jou vriende om dit te deel.
  3. Epos die skakels van waar jou video geplaas is na talentwerf@loopbaan.co.za
  4. Die beste video’s sal gedeel word op ons sosiale media en ons sal die publiek vra om te stem vir hulle gunsteling.
  5. Die wenner word gekies en ontvang die GROOT PRYS (sien onder wat die prys is)!

Hier is ‘n video wat die moets en moenies van hoe jou video moet lyk verduidelik:

Sluitingsdatum vir video’s: 21 Julie 2018

DIE GROOT PRYS:

  • Korporatiewe identiteit van jou besigheid sal hersien en professioneel ontwerp word
  • Sosiale media en media plan ter waarde van R30 000 sal in Augustus en September vir jou besigheid uitgerol word deur ons professionele bemarkingspan
  • Onderhoud met Maroela Media vir die wenner om hulle besigheid ten toon te stel en ook banier advertensies wat op die Maroela Media webblad vertoon sal word