Terwyl die werkloosheidsyfer daagliks styg, loop klein dorpe leeg en groot maatskappye belyn hul besighede om met minder mense oor die weg te kom. Solidariteit Helpende Hand het die nood raakgesien van vele bekwame mense wat nie ‘n opsie gegun word om te werk nie, al wil hulle.

Volgens René du Preez, projekorganiseerder by die Loopbaansentrum, is die Talentwerf webblad ’n poging om ‘n platform te skep om vryskutters die geleentheid te gee om met werkgewers te koppel, ongeag die afstand of omstandighede. Dit skep vir die tuisbly ma, gestremde volwassene en die wat vêr van werksplek woon in die platteland ‘n nuwe inkomstestroom deur middel van tegnologie. Die webblad gaan ook poog om met buitelandse entrepreneurs en maatskappye te skakel om die groeiende voorwaardelike werker-mark vêrder aan te blaas. Wêreldwyd wys navorsing dat 40% van werkers nou vryskutwerk doen. Daar is ook menige internasionale webblaaie of platforms waarop vryskutters kan werk, waar miljoene vryskutters werk.

Deur die gratis bemarking van Talentwerf verbreed die vryskutter se mark en kan dit ook lei na meer besigheid vir die vryskutters wat op Talentwerf geregistreer is. Van die tipes beroepe wat op ‘’n vryskutbasis werk, is grafiese ontwerpers, skrywers, vertalers, SEO skrywers, webblad ontwerpers en toep ontwikkelaars. Op die oomblik is daar ‘n vraag na tolke, vertalers en taalversorgers vir hofstukke wat Talentwerf hoop om te bevredig. Die groot voordeel van Talentwerf is dat dit gratis bemarking gedoen word vir die vryskutters en jy kan besigheid in jou eie taal doen. Boonop is die sisteem so opgestel dat kliënte jou diens kan evalueer sodat ander kliënte kan sien dat jy kwaliteit werk lewer.

Die webwerf se betaalsisteem beskerm die vryskutter en die werkgewer en is dieselfde sisteem wat deur baie plaaslike verkoopwebblaaie gebruik word. Die sisteem neem 10% vir bankkoste en administrasiekostes. Die diens wat die webblad lewer is dat daar besighede bewus gemaak word en netwerke gebou word wat dan verseker dat vryskutters werk kan kry en volhoubaar inkomste kry.

Hier is die perfekte geleentheid vir ’n entrepreneur om nuwe geleenthede aan te gryp. ’n Eenmansaak wat byvoorbeeld tuindienste bied, kan ‘n boekhouer op ‘n voorwaardelike kontrak aanstel en hul jaarlikse belastingopgawe laat opstel. Dit spaar die entrepreneur tyd, geld en kopsere.

Helpende hand nooi die publiek uit om as vryskutters te registreer of om projekte te kom aanvra op www.talentwerf.co.za

Vir verdere navrae, kontak  diens@209.97.137.67

Luister ook na die volledige onderhoud op Maroela Mediahttps://maroelamedia.co.za/